Leeg    
 

Kategorie
Inligting alfabeties - kyk ook na die boonste keuselys
Kenweb Oplossings » Hoe installeer ek 'n program?

Hoe installeer ek 'n program?









Wanneer u die rekenaarprogram klaar afgelaai en gebÍre het kan u die volgende stappe volg om dit te installeer.

Installeer 'n Kenweb rekenaarprogram

  1. BELANGRIK:  Maak doodseker dat u die rekenaarpakket op die regte rekenaar installeer. Om dit op 'n tweede rekenaar te installeer sal u nog 'n rekenaarpakket moet aankoop.

  2. Gaan na die gids toe waarin u die programlÍer gebÍre het. In Chrome en Firefox kan u net Ctrl-j druk om die afgelaaide items te sien.

  3. Dubbelklik op die lÍernaam bv. Gr 5 Geheelpakket.zip om dit oop te maak. U rekenaar mag programme op hÍ wat die inhoud van die .zip lÍer uitpak. Dis ook goed. U mag daarvoor 'n rekenaarkundige nodig kry. (7-zip is 'n gratis program wat ook gebruik kan word.)

  4. Dubbelklik op die lÍernaam bv. Gr 5 Geheelpakket.exe.

    Indien u 'n boodskap kry soos "The publisher of Gr05Geheelpakket couldn't be verified", kan u voortgaan.

    Kry u die fout: LÍer beskadig of nie die regte formaat nie? 

    Klik hier vir hulp.

  5. 'n Installasieskerm sal verskyn en vra of u wil voortgaan met die installasie. Klik op 'Ja'.


  6. Die Standaard Gebruiksvoorwaardes sal nou verskyn. U kan nou daardeur lees en as u tevrede is daarmee op 'Ja, ek aanvaar' klik.



  7. 'n Derde skerm sal vra waar u op u rekenaar die program moet installeer. Klik op 'Gaan voort' sonder om te verander.

    Belangrik: Kenwebprogramme moet in die verstekgids op C: geinstalleer word. Indien die riglyn nie gevolg word nie verbeur die koper ondersteuning om die produk aan die werk te kry.


  8. (VINNIGE VINGERS mag 'n fout gee wanneer u dit op Windows 7 installeer.  Volg dan die stappe hier. Die foutbeskrywing is: "Run-time error '76': Path not found ...")

  9. 'n Volgende skerm met 'Die installasie is suksesvol voltooi' sal wys. Klik op 'OK'.




  10. Nou kan u die program aktiveer. Klik hier om na "Hoe aktiveer ek 'n program" te gaan.

  11. U het 14 dae om die program te aktiveer. Ons beveel aan dat u dit so gou moontlik doen sodat u gebruik van die program nie onderbreek word nie. Totdat die program geaktiveer is, kan u op die skermpie wat aandui hoeveel dae oor is, op "Gaan voort" klik om te kan werk.








Myne
Aanmeld
Betaalmiddels

VISA (2checkout)
PAYPAL
Kredietkaarte (PAYPAL)

(Volledige besonderhede in die Gids punt 2 op die voordeur)

Gebruikers aanlyn:  462 ongeregistreerde kliente
Kopiereg © 1997-2017 Kenweb Oplossings