Leeg    
 

Kategorie
Inligting alfabeties - kyk ook na die boonste keuselys
Kenweb Oplossings » Aflaaifout?

Aflaaifout?

Fout met aflaai- / oopmaak van rekenaarpakkette?

Kry u, wanneer u die afgelaaide program wil installeer, 'n foutboodskap dat die lÍer beskadig is of nie oopgemaak kan word nie? Indien wel moet u verder lees.

Die foutbewoording kan iets wees soos: "Cannot open file because it is either not a supported file type or because the file has been damaged."

Wat gebeur? Sommige kliŽnte se rekenaars se teenvirusprogramme hernoem rekenaarprogramlÍers (.exe) wat afgelaai word na .pdf om hulle veilig te maak. So kan "WiskundeVaardighede.exe" bv verander word na "WiskundeVaardighede.pdf". Wanneer Adobe Reader die legger dan probeer oopmaak as .pdf kan hy natuurlik nie en meld aan die die lÍer beskadig is.

Die lÍer is nie beskadig nie, die naam is net verkeerd
.

Oplossing:

  1. U mag 'n rekenaarkundige vir die hernoeming nodig hÍ.

  2. Maak seker dat u die lÍer, soos die Gids aandui, eers op u rekenaar bÍre wanneer u dit aflaai. Moet dit nie laat loop nie!

  3. Kyk na die naam van die lÍer wat u gebÍre het. As u die agtervoegsel (bv. .pdf) kan sien, kan u voortgaan met die volgende stap. Indien nie, MOET u die stappe op hierdie bladsy volg om die agtervoegsel te laat wys.

  4. Verander dan die naam van die afgelaaide lÍer terug na die oorspronklike ".exe". Klik hier vir meer volledige inligting.

  5. Voorbeelde:

    - Gr03Geheelpakket.pdf > Gr03Geheelpakket.exe,
    - Gr03Afrikaans.pdf > Gr03Afrikaans.exe,
    - KenwebSkitterlees.pdf > KenwebSkitterlees.exe,
    - VinnigeVingers.pdf > VinnigeVingers.exe,
    - WiskundeVaardighede.pdf > WiskundeVaardighede.exe en
    - Begeleieropleiding.pdf > Begeleieropleiding.exe.

  6. Installeer nou die program deur die stappe in die Gids te volg.


Myne
Aanmeld
Betaalmiddels

VISA (2checkout)
PAYPAL
Kredietkaarte (PAYPAL)

(Volledige besonderhede in die Gids punt 2 op die voordeur)

Gebruikers aanlyn:  483 ongeregistreerde kliente
Kopiereg © 1997-2017 Kenweb Oplossings