Onbeantwoord?
Indien u 'n vraag het wat nie hieronder beantwoord is nie, kan u gerus vir ons 'n epos stuur deur onder "Hulp" op "Stuur 'n epos aan ons" te klik.
Wie is Eduleap?
Eduleap is 'n sustermaatskappy van Kenweb wat ontwikkelingswerk in Nieu Seeland doen. Dit bring tans laer pryse mee.
Kan ek met 'n kredietkaart betaal?
Ja, u kan. Kies aanvanklik Paypal as betaalkanaal. Onder die opskrif "Don't have a Paypal account?" moet u op "Continue" klik. Kyk na die voorbeeld hieronder.

Verloor ek omdat ek by die webwinkel koop en met NZD betaal?
Kenweb/Eduleap se webwinkel is soveel goedkoper as gewone bestelpryse dat, indien daar tog 'n fooi gevra word vir omskakeling vanaf ZAR na NZ$, u nog heelwat beter daaraan toe is. U het natuurlik ook die voordeel dat sekere items soos programme vinniger beskikbaar is omdat u dit deur die internet kan aflaai. Fisiese items word natuurlik gewoon gestuur.
Watter produkte kan direk van die internet afgelaai word?
Hierdie produkte kan afgelaai word van die internet af OF fisies aangestuur word (u keuse):
- Rekenaarprogramme (sluit vakgidse en doelwitvelle in)
- Eksamenvraestelle (behalwe huidige jaar s'n)
Hierdie produkte kan NET fisies aangestuur word:
- Handboeke.
- Vraestelle vir die huidige jaar (huidige jaar vraestelle kan op die eksamenrooster datum geepos word.)
Hoe lank neem fisiese items om weggestuur te word?
Kenweb het 'n trotse rekord met die uitstuur van bestelde items. In stiller tye word meeste bestellings wat vroeg in die dag gedoen en 'n betaalbewys ontvang word, dieselfde dag nog gepos. Dis by hoë uitsondering dat bestellings nie die volgende werksdag uitgestuur word nie. Betaalprobleme of onvolledige bestelinligting mag aanleiding gee tot vertragings.
BELANGRIK: Hou asseblief die dae wat Kenweb gesluit is in gedagte. Ons eerbiedig kulturele vakansiedae en sluit soms in skoolvakansies. Meer inligting op ons jaarprogram.
Hoe lank moet ek wag vir die epos met die aflaaihaak?
Wanneer u betaling suksesvol deurgaan, ontvang u 'n epos wat dit bevestig, gewoonlik binne 'n halfuur. U sal net daarna ook 'n epos met u aflaaihaak ontvang. Indien u net u betalingsbevestiging ontvang, kan u by die webwinkel inlog en na u faktuur kyk. Daarop sal u ook die aflaaihaak vind. Indien u probleme ervaar sal ons graag help. Stuur vir ons 'n epos met die skakel links onder Hulp. Gee asb in u epos volledige besonderhede van u bestelling en probleem,