Leeg    
 

Kategorië
Topverkopers
Hulp
Kenweb » Vinnige Vingers » Vinnige Vingers

Vinnige Vingers
Vinnige Vingers 
"Kenweb Vinnige Vingers" is 'n rekenaarpakket wat tikvaardigheid bevorder. Dit is deur Kenweb self ontwikkel. In die rekenaareeu waarin ons lewe, is 'n vermoë om vinnig te kan tik, 'n kosbare vaardigheid.

Let tog daarop dat hierdie program tikvaardigheid ontwikkel. Moet dit nie verwar met die vak Rekenaartik nie. Vinnige Vingers is geskik vir aanvangsonderrig tot senior, senior burgers!

Vinnige Vingers is volledig in Afrikaans. Dit beteken nie net dat die aanwysings op die skerm in Afrikaans is nie, Afrikaanse woorde en paragrawe word ook gebruik vir inoefening. Vinnige Vingers oefen ook spesiale karakters wat in Afrikaans voorkom, in. Dit is byvoorbeeld ê, ï en û.

Die doelwitvelle is geskik vir aanvangsonderrig tot graad 12 en die vak Rekenaartik vir graad 10-, 11- en graad 12-standaard. Die doelwitvelle is uitgewerk om in 21 dae te leer tik, maar dit kan maklik aangepas word vir eie behoeftes. Die doelwitvelle is in die program ingebou en kan uitgedruk word op 'n drukker. Die uitgedrukte doelwitvelle waarop prestasie afgeteken word, wys duidelik hoe gevorder word. Dit werk motiverend, maar help ook dat begeleiers op hoogte kan bly van hoe kinders vorder.

Vinnige Vingers is geprogrammeer om eenvoudig te wees om te gebruik. 'n Mens kan met een oogopslag sien hoe Vinnige Vingers ingestel is en dit maklik verander. Op skerm word 'n sleutelbord vertoon wat met kleurkodes en hande duidelik aandui watter sleutels deur elke vinger gedruk moet word. Die program kan 'n klank gee wanneer die verkeerde letter getik word. Die grootte van die skrif op die skerm kan verstel word. Dit is ideaal vir jonger kinders en selfs ook vir ouer persone wat nie goed kan sien nie. Daar kan tussen drie modusse gekies word: OORTIK waarmee bo-oor die letters op die skerm getik word, ONDERTIK waarmee in 'n lyntjie onder die letters getik word en PARAGRAAFTIK waarmee in 'n afsonderlike blok getik word.

Vinnige Vingers is geskik vir individue, tuisonderwys en vir skole. Spesiale afslag is beskikbaar vir skole wat Vinnige Vingers op meer as een rekenaar wil installeer. Vinnige Vingers kan gebruik word op Windows 95 of beter. Rekenaars wat effektief werk met die voorgeskrewe bedryfstelsel is goed genoeg vir Vinnige Vingers.

Vinnige Vingers is geprogrammeer vir alle onderdomme - jy moet net kan lees. Vinnige Vingers beleef rekordverkope by Kenweb. Kry u Vinnige Vingers nou en beleef die lekkerkry van u eie vinniger vingers.

Besonderhede
 
Download Size 3.5MB
Download Time Less than 1 minute @ 1.8mbs [Change Connection Speed]
Produkkode TIKVIVP1S
Gewig 0.00 kg
Prys: R380.00 NZ$ 73.42
BTW ingesluit

Keuses
 
Versending?
Aantal


If you see this message it means that your browser doesn't support Javascript or it is disabled. Please enable JavaScript in your browser settings for the proper functionality of X-Cart.

Epos hierdie bladsy
U eie naam: *
U eie eposadres: *
Ontvanger eposadres: *

Epos hierdie bladsy
Groter foto

Customer feedback
Produkwaarde


Produkwaarde


Kies 'n waarde

Rate It!


Customer Reviews


There have been no reviews for this product.
Aanbevole produkte


Trollie
U betaal met
Geldeenheid: 
Aanmeld
Spesiaal !

PRYS EN BETALINGS- BESONDERHEDE

Pryse word gewys in Suid-Afrikaanse Rand(ZAR) en Nieu-Seeland Dollers(NZD)

Betaling is net in NZD.

Paypal accepted Mastercard and Visa card accepted

U kan deur Paypal betaal.

U kan ook met 'n MasterCard of Visa-kaart betaal. Kies op die Paypal betaalbladsy by "Don't have a Paypal Account" "Continue" en verskaf u kredietkaartinligting. Kyk na 'n voorbeeld daarvan onder "Antwoorde" links onder die "Hulp"-opskrif.

Nuus
2009-12-01
Beplan jy reeds vir volgende jaar se tuisonderwys of vir aanvulling van skoolonderwys? Soek jy 'n unieke kersgeskenk? Dan mag dit jou baat om verder te lees!

Kenweb het in die afgelope jaar heelwat moontlikhede geskep en veranderings gemaak. Klik hier of gaan na ons webwerf by www.kenweb.co.za en kies NUUS op die keuselys.

Mag die nuwe akademiese jaar vir julle al die vreugde inhou wat tuisonderwysouers verdien en mag julle God se nabyheid gedurende die Christusfees ryklik ervaar! Julle vriendskap is vir ons kosbaar.

Andre en die Kenwebspan.
Reeds 15 jaar in diens van tuisonderwys.

.


Vorige nuus.

U eposadres:

Tik die karakters in wat u in die prentjie sien. (Indien u nie 'n prentjie hier sien nie, aktiveer asb prentjies in u webleser en verfris dan die bladsy):

Teken in 
Gebruikers aanlyn:  3 ongeregistreerde kliente
Kopiereg © 1997-2010 Kenweb Design by 7dana.com