Leeg    
 

Kategorië
Topverkopers
Hulp
Kenweb » Begeleiers » Alle rekenaarprogramme en vakgidse vir begeleiers » Kursus vir ouers en onderwysers in Selfgedrewe-onderwys

Kursus vir ouers en onderwysers in Selfgedrewe-onderwys
Kursus vir ouers en onderwysers in Selfgedrewe-onderwys 
Hierdie pakket is ideaal vir ouers en onderwysers wat hulle kinders wil help om selfgedrewe te raak. U kan met die pakket uitvind hoekom daar selfs internasionaal gepraat word oor die besondere prestasies van kinders wat die Kenwebstelsel reg gebruik.

Die pakket sluit die volgende in: 'n "Selfgedrewe-onderwys" sagteband handleiding met 65 A4-bladsye, geskryf deur Andre van den Berg; 'n rekenaarprogram waarmee die begeleier sy vordering toets plus 'n studiegids wat die werkwyse verduidelik. Dit sluit 'n doelwitvel in wat die werk opdeel in 6 weke. Hierby is kontroles vir hoofstukraamwerke, gedoende rekenaarvrae, praktiese aspekte (waar van toepassing), ken hoofstukke en rekenaar hoofstuktoetse ingebou.

Die handleiding behandel aspekte soos: Die agtergrond waarteen ons vandag onderwys gee. Hoe selfgedrewe-onderwys verloop. Hoe selfgedrewe-onderwys terugvoer gee. Die onderbou wat selfgedrewe-onderwys nodig het. Die pakket lei die begeleier op met dieselfde metodes en hulpmiddels wat die Kenwebkind gebruik. Daarom het u, wanneer u die kursus voltooi het, nie net kennis van hoe die Selfgedrewe stelsel werk nie. U het ook praktiese ervaring van die metode sodat u u kind beter kan verstaan en beter kan help.

Dié pakket vervang die weekkursus wat jaarliks by Kenweb gehou is. Andre het vir 8 jaar die begeleierskursus by Kenweb aangebied. Om koste te bespaar en dit vir meer mense moontlik te maak om die geheim van Kenweb te verstaan, word die program en handleiding beskikbaar gestel. Die kursus is bedoel vir ouers en onderwysers. DIE KURSUS IS 'N MOET VIR BEGELEIERS WAT DIE KENWEBSTELSEL VOLLEDIG WIL BENUT.

Besonderhede
 
Download Size 3.7MB
Download Time Less than 1 minute @ 1.8mbs [Change Connection Speed]
Produkkode BegKurPS
Gewig 0.00 kg
Prys: R590.00 NZ$ 113.99
BTW ingesluit

Keuses
 
Versending?
Aantal


If you see this message it means that your browser doesn't support Javascript or it is disabled. Please enable JavaScript in your browser settings for the proper functionality of X-Cart.

Epos hierdie bladsy
U eie naam: *
U eie eposadres: *
Ontvanger eposadres: *

Epos hierdie bladsy
Groter foto

Customer feedback
Produkwaarde


Produkwaarde

 

Kies 'n waarde

Rate It!


Customer Reviews


There have been no reviews for this product.
Aanbevole produkte
Customers who bought this product also bought the following products:


Trollie
U betaal met
Geldeenheid: 
Aanmeld
Spesiaal !

PRYS EN BETALINGS- BESONDERHEDE

Pryse word gewys in Suid-Afrikaanse Rand(ZAR) en Nieu-Seeland Dollers(NZD)

Betaling is net in NZD.

Paypal accepted Mastercard and Visa card accepted

U kan deur Paypal betaal.

U kan ook met 'n MasterCard of Visa-kaart betaal. Kies op die Paypal betaalbladsy by "Don't have a Paypal Account" "Continue" en verskaf u kredietkaartinligting. Kyk na 'n voorbeeld daarvan onder "Antwoorde" links onder die "Hulp"-opskrif.

Nuus
2009-12-01
Beplan jy reeds vir volgende jaar se tuisonderwys of vir aanvulling van skoolonderwys? Soek jy 'n unieke kersgeskenk? Dan mag dit jou baat om verder te lees!

Kenweb het in die afgelope jaar heelwat moontlikhede geskep en veranderings gemaak. Klik hier of gaan na ons webwerf by www.kenweb.co.za en kies NUUS op die keuselys.

Mag die nuwe akademiese jaar vir julle al die vreugde inhou wat tuisonderwysouers verdien en mag julle God se nabyheid gedurende die Christusfees ryklik ervaar! Julle vriendskap is vir ons kosbaar.

Andre en die Kenwebspan.
Reeds 15 jaar in diens van tuisonderwys.

.


Vorige nuus.

U eposadres:

Tik die karakters in wat u in die prentjie sien. (Indien u nie 'n prentjie hier sien nie, aktiveer asb prentjies in u webleser en verfris dan die bladsy):

Teken in 
Gebruikers aanlyn:  3 ongeregistreerde kliente
Kopiereg © 1997-2010 Kenweb Design by 7dana.com